Update
HEIDELBERG NUUS - Die N2 was Dinsdagoggend, 29 Augustus, vir ongeveer twee ure gesluit nadat 'n vragmotor omgeslaan het.
Volgens ao. Alroy Windvogel, mediawoordvoerder van Heidelberg-polisie, het die vragmotor ongeveer 4 km buite die dorp in die rigting na Swellendam omgeslaan.
"Dit het ongeveer 06:30 plaasgevind nadat die bestuurder beheer verloor het en die vragmotor aan die linkerkant van die pad afbeweeg het. Die vermoede bestaan dat die bestuurder toe aan die stuurwiel geruk en die trok daarna omgeslaan het," het Windvogel gesê.
Die verkeer is deur die munisipale en provinsiale verkeer deur Slangrivier en Weideland herlei.
Die bestuurder het ligte beserings opgedoen.
Lees vorige artikels hier:
• Opvolg: vragmotor op N2 omgeval
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'