HESSEQUA NUUS - Inwoners wat van 'n pad gebruik maak wat uit die R305 verby The Press Room/Inverroche loop, is ontsteld omdat dit waarskynlik binnekort gaan sluit.
Een van die inwoners het ook genoem dat die kennisgewingbord só geplaas is dat dit nie dadelik opgemerk word nie.
Op Suid-Kaap Forum se navraag het Jandré Bakker, hoof kommunikasiebeampte van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke (DTPW) gesê dat grondeienaars aansoek kan doen om die sluiting van 'n pad wat oor hul eiendom loop.
"Dit is belangrik om daarop te let dat, selfs al is die pad vir die algemene publiek gesluit, dit toeganklik moet bly deur middel van regs-weg-serwitute wat geregistreer is ten gunste van die betrokke grondeienaars, wat moontlik die pad benodig om toegang tot hul eiendomme te kry," het hy verduidelik.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'