HESSEQUA NUUS - Hessequa-inwoners kom tussen vandag, Maandag 11 en Donderdag 14 Mei vir keuring en toetsing vir moontlike koronavirus besmetting aan die beurt.
Volgens 'n persverklaring deur die munisipaliteit sal gesondheidswerkers Slangrivier, Heidelberg, Riversdal, Albertinia en Melkhoutfontein vir deur-tot-deur keuring besoek.
Indien 'n werker dink iemand het moontlik die virus, sal dié inwoner versoek word om vir 'n toets te gaan.
Amptelike gesondheidswerkers sal ID-kentekens en identifiseerbare klere dra. Inwoners word versoek om hul samewerking te gee. Enigiemand mag versoek om buite hul huise gekeur te word.
In Slangrivier sal Onderrivier en Bo Kraal gekeur word. In Heidelberg is dit Diepkloof, Dollar Square, boonste Joe Slovo en Oos Dorp. Riversdal woonbuurte waar keuring gedoen sal word is Kwanokuthula, Môrestond, Panorama en Aloeridge. Vir Albertinia is dit Zone 1, Zone 3, Zone 9 en Zone 10, terwyl Melkhoutfonteiners wat in Zone 1 Ou Scheme en Zone 4 Harmonypark woon, ook besoek sal word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'