STILBAAI NUUS - Die onderwerp van bespreking tydens die U3A Stilbaai maandelikse vergadering is outisme en 'n praatjie hieroor word deur Antel van Deventer gelewer.
Die vergadering vind Maandag 28 Augustus om 09:00 vir 09:30 by Die Waenhuis, Jagersbosch, Stilbaai-Wes plaas.
Van Deventer het ‘n Meestersgraad in Opvoedkundige Ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch wat sy in Maart 2016 cum laude verwerf.
Sy sal op die sosiale aspek van outisme en spesifiek oor kinders met Hoogs Funksionerende Outisme (voorheen genoem Asperger sindroom) fokus.
Sy sal oor haar eie praktiese ervaring, asook haar tesis praat, wat spesifiek oor onderwysers se ervarings ten opsigte van die sosiale vaardighede van ‘n laerskoolleerder met outisme gaan.
Meer inligting is beskikbaar op www.u3astilbaai.org.
Lees meer hieroor in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'