RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike tak van die veterane-organisasie van die Suid-Afrikaanse Kaapse Korps (SACCMVA) het op 16 Februarie hul nuwe bestuur verkies.
Die verkiesing is deur provinsiale koördineerder John Mitchell waargeneem.
Koenraad Fransies is die nuwe voorsitter, met Johannes Meyer in die ondervoorsitterspos. Die ander bestuurslede is Willem Benjamin Saayman (sekretaris), Robert van der Berg (tesourier) en Henry Volmink (hulpsekretaris).
Die SACCMVA vergader een Sondag per maand om 15:00 in die Thusong-sentrum op die dorp.
Meer inligting kan by Van der Berg gekry word by 073 799 0255.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'