ALBERTINIA NUUS - Die tuin langs die biblioteek was baie verwaarloos, tot die CWP (Community Work Programme) onder leiding van Whinny Joon dit onder hande geneem het.
Dit is pragtig uitgelê en met behulp van die munisipaliteit en harde werk van die groep in 'n lushof omskep.
Die projek, in die binnehof van die gemeenskapsaal in Theronsville is onlangs voltooi.
Hulle gaan in die nuwe jaar betrokke raak met groentetuine in die gebied en soek dringend grond om 'n tuin, en dan tuine, te vestig.
Vir meer besonderhede kan Joon by 063 635 9692 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'