TUINROETE NUUS - Die forensiese kenner, Dr. David Katzlow se verslag oor die oorsaak van die Knysna-brande in Junie verskil hemelsbreed van die verslag wat op 14 Augustus deur Knysna brandweerhoof Clinton Manuel bekendgemaak is.
Sewe mense is dood en honderde huise het in die slag gebly. Hoewel beide verslae ooreenkom dat die moederbrand in Elandskraal, wes van Knysna, begin het, verskil dit oor die spesifieke brand en oorsaak van die brand wat tot die uiteindelike grootskaalse verwoesting gely het.
Manuel sê die oorspronklike vuur was mensgemaak en dat dennebolle as aanstekers gebruik is.
Klatzow se verslag sê weerlig het die eerste brand veroorsaak en dat die digte bos vir meer as 'n maand gesmeul het voor dit op 7 Junie deur die stormsterkwinde aangevuur is.
Inwoners van Elandskraal sê hulle het die brandweer op Sedgefield en Knysna herhaaldelik gevra om iets aan die smeulende bos te doen.
Lees vorige artikels hier:
• Knysna fires' report update
• Knysna fires started by "human activity"
• Report back meeting on Knysna fires
• D-day for official Knysna fire report
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'