HEIDELBERG NUUS - Muriel September (37) van Heidelberg, wat Dinsdag 2 Maart by die polisie as vermis aangemeld is, is Woensdag in Kaapstad gevind.
Sy is klaarblyklik ongedeerd, maar geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
Volgens haar suster Beulah September het sy Sondag nog tot 16:00 by ’n supermark op die dorp gewerk en daarna by haar niggie oorgeslaap. Die niggie het haar Maandagoggend laas gesien. Die familie het haar Dinsdag 3 Maart as vermis aangemeld.
Laat Woensdag 4 Maart was Heidelberg-polisie op pad om haar te gaan haal.
Vorige artikel: Vrou (37) van Heidelberg vermis
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'