HEIDELBERG NUUS - Muriel September van Heidelberg word sedert Maandagoggend 2 Maart vermis.
Volgens haar suster Beulah September het sy Sondag gewerk en daarna by haar niggie oorgeslaap, maar is sedert Maandagoggend nog nie weer gesien nie.
Volgens Beulah is dit moontlik dat sy op pad is na George-hospitaal, waar haar man Ronnie Dhlephu by hul seuntjie Glenicol, ‘n diabetes-pasiënt is.
Heidelberg-polisie het bevestig dat sy Dinsdagoggend 3 Maart as vermis aangemeld is.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan Heidelberg-polisie by 028 722 1910 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'