HEIDELBERG NUUS - Vier mans is Woensdag 19 Februarie gearresteer toe D-skoflede van Heidelberg-polisie hulle met verskeie dwelmmiddels en tikstrooitjies in hul besit betrap het.
Die lede onder leiding van ao. Karin Pretorius en sers. Daniel Moos het op ’n wenk reageer toe hulle die mans op die N2, sowat 8 km in ’n bakkie buite die dorp, rigting Swellendam, afgetrek het.
Beslag is op 70 mandrax pille, vier pakke dagga en vier tikstrooitjies gelê.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'