RIVERSDAL NUUS - Die hoofdoel van ‘n mini-padblokkade op die N2 net buite Riversdal, is om die pad vir motoriste veilig te hou.
Voertuie word afgetrek om motoriste se lisensies na te gaan, te kyk of die voertuig padwaardig is en ook of dit dalk ‘n gesteelde voertuig is.
Die inligting word sommer vinnig in die mobiele eenheid nagegaan.
Motoriste wat uitstaande boetes of lasbriewe teen hulle het vir verkeersoortredings, kan dit sommer daar en dan vereffen, omdat kaartfasiliteite ook beskikbaar is.
Die mini-padblokkades se hoofdoel is om padveiligheid vir alle motoriste te verseker.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'