HESSEQUA NUUS - Vyf persone wat na bewering hengelgerei op Witsand gesteel het, is deur die flink optrede van lede van Heidelberg-polisie vasgetrek.
Volgens ao. Alroy Windvogel, polisiewoordvoerder is verskeie voorvalle van diefstal van hengelgerei gedurende die naweek van 25 en 26 Januarie in dié kusdorp aangemeld.
Drie volwassenes is Vrydag 31 Januarie in hegtenis geneem, terwyl twee minderjariges in die sorg van hul ouers vrygelaat is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'