HESSEQUA NUUS - Twee veldbrande woed tans tussen Albertinia en Gouritzmond.
Volgens Herman Pieters van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit is die N2 nog nie gesluit nie, maar dik rookwolke belemmer sig.
Brandbestryders doen alles in hul vermoë om die vlamme onder beheer te bring voor die sterk noordwestewind wat vir vanmiddag voorspel is, begin waai.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'