HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike krieketklub het Saterdag 6 Januarie in hul SWDK Promosie B-stroom ligawedstryd tuis teen Knysna Kavaliers vasgeval en die wedstryd met ses paaltjies verloor.
Dit is die span se vierde agtereenvolgende neerlaag.
United het die loot gewen en die kaptein, Danielo du Preez het besluit om eerste te kolf. Dit het nie vrugte afgewerp nie en kon hulle net ’n skamele 115 lopies vanaf 26.4 beurte aanteken.
Die besoekers se boulers en veldwerkers het met onnodige foutballe, asook slordige veldwerk bygedra tot 36 bonuslopies aan die tuisspan.
Kavaliers moes 116 lopies in hul toegelate 50 beurte aanteken en het die teiken na 25.3 boulbeurte met net vier paaltjies plat behaal.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'