HEIDELBERG NUUS - Heidelberg United-krieketklub se jaarlikse erkenningsaand en seisoen einde afskeid het onlangs in die Duivenhoks-gemeenskapsaal plaasgevind.
Die verrigtinge is deur Clifford September met gebed geopen en Heinrich Hartnick (sekretaris) het as seremoniemeester opgetree.
Clive Pretorius het sy voorsittersrede aan die sowat 35 aanwesiges voorgehou. Michael Williams (addisionele lid en statikus) het ’n kort oorsig oor die afgelope seisoen gelewer en die verskeie wenners aangekondig. Pretorius het die oorhandiging behartig.
Die nuwe bestuur is tydens die algemene jaarvergadering verkies.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'