HESSEQUA NUUS - Die Tuine en Tossels-vroue het op 2 Maart 'n uitstappie na die Gourikwa-reservaat onderneem.
Dit is die groep se eerste vergadering na al die inperkings. Die vroue het heerlik gekuier en nuus uitgeruil.
Die Gourikwa-span, onder die bekwame leiding van Sonja Louw, het reggestaan met ontbyt, spanaktiwiteite en inligting oor Gourikwa.
Die vroue sê die natuurskoon en gasvryheid was voedsel vir die siel en het hul met ligter harte huiswaart gekeer.
Sonja Louw (links) en die res van die Gourikwa-span wat die Tuine en Tossels-vroue bederf het.
Tuine en Tossels se bestuur (van links) Anita Nel, Christene Haggard, Angi Gomes, Wilna Redelinghuys en Helene Stegmann.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'