Breaking News Update
MOSSELBAAI NUUS- Beide bestuurders van ‘n Ford Ranger en ‘n Toyota Hilux bakkie is vanoggend in ‘n kop-teen-kop botsing op die N2 naby Mosselbaai dood.
Die botsing het om ongeveer 08:20 plaasgevind.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp, sê naas die twee bestuurders, was daar geen ander insittendes in die voertuie nie.
Nooddienste is steeds besig om die toneel op te ruim en die N2 bly gesluit tussen Vleesbaai en Cooper-afdraai.
Verkeer word via Vleesbaai herlei.
Die identiteite van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’