SUID-KAAP NUUS - Inwoners van die Tuinroete kan ’n les leer uit die brande wat tans buite beheer in Australië woed.
“Miljoene hektaar kosbare landbou- en bewaringsgrond regoor Australië is afgebrand, derduisende diere het doodgebrand en duisende huise is verwoes,” sê Cobus Meiring van die Inisiatief vir Grondeienaars in die Suid-Kaap (SCLI).
Hy meen inwoners van die Tuinroete het in 2017 en 2018 soortgelyke verwoesting as gevolg van brande ervaar en die omvang van daardie skade is steeds nie bepaal nie.
Grondeienaars moet toesien dat biomassa nie opgaar nie en dat hergroei van uitheemse plantegroei uitgeroei word om ’n herhaling van sulke brande te voorkom.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'