RIVERSDAL NUUSFLITS - Lede van die Green Fingers Tuinbouklub het ’n uitstappie na Hoërskool Langenhoven en die Hoër Landbouskool Oakdale op Woensdag 9 Mei meegemaak.
Lede is by albei hartlik onthaal en ou bande is verstewig.
Die skakel tussen ’n tuinbouklub en skool is meer as wat meeste mense verwag. Skole het dikwels mooi tuine, soms op onverwagte plekke.
Baie van die lede is ouers van kinders en ’n hele paar is oud-leerkragte terwyl ander by beheerrade of projekte betrokke was.
Langezicht meenthuis-kompleks is die middag besoek waar heelwat pragtige tuine weggesteek word.
Lede is by albei hartlik onthaal en ou bande en herinneringe opgehaal het.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'