HESSEQUA NUUS - Eg tradisionele Suid-Afrikaanse lekkernye was op die "spyskaart" toe ao. Yolanda Prinsloo weer 'n paar lede van die plaaslike polisie op BokVrydag in haar kantoor onthaal het.
Biltong en droëwors saam met varsgebakte brood, egte botter, groenvyekonfyt en sterk boeretroos, amper van daai soort wat jou teelepel sal ombuig as jy dit in die koffie druk.
Die ete is met koeksisters en melktert afgerond.
Om bietjie rugbygees onder haar kollegas op te bou in die aanloop tot die uitspeelrondes van die Wêreldbeker-toernooi, bederf sy hulle elke Vrydag met iets anders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’