Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Vreugde blom onder nuwe huiseienaars binne die Hessequa-streek na titelaktes aan hulle oorhandig is.
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit het vanaf Maandag, 30 November tot Woensdag, 2 Desember 138 titelaktes aan mense op die waglys in Albertinia, Melkhoutfontein, Heidelberg en Riversdal oorhandig.
Hy het gesê hy is verheug om dit te kan doen. "My vreugde is gedeel deur 'n dame van Heidelberg wat 48 jaar vir haar titelakte gewag het en nou met haar eie huis kan spog. Sy het aan my gesê as sy nou haar kop neerlê, sal sy die gemoedsrus hê dat haar kinders nie sal sukkel om 'n huis te bekom nie."
Riddles het aan die begunstigdes gesê daar moet vrede en liefde in 'n huis heers. "Koester en bewaar jou titelakte, want dit kan baie deure vir jou oopmaak."
Sedert 2016 het die munisipale raad bykans 2 000 titelaktes oorhandig. Riddles het gesê die raad se mikpunt is om met die oorhandiging van 2 500 titelaktes binne die volgende jaar te spog.
Die laaste oorhandiging het 19 in Albertinia, 49 in Melkhoutfontein, vyf in Heidelberg en 65 in Riversdal ingesluit.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'