HESSEQUA NUUS - Daar is 'n paar algemene kenmerke van slange. Alle slangspesies word gekenmerk deur 'n baie dun, lang liggaam en ontbrekende lidmate.
Slange beweeg altyd op hul onderkant en die volle liggaam word deur oorvleuelende skubbe bedek.
Ander tipiese kenmerke, wat hulle van spoorlose akkedisse onderskei, is 'n tekort aan beweegbare ooglede en eksterne ore.
Om by hul dun liggaam aan te pas, is hulle niere nie langs mekaar nie, maar die een voor die ander, en die meeste spesies het net een werkende long.
Slange wissel van grootte, van baie kort (10 cm) tot die luislange en anakondas wat tot 7,6 m lank kan word.
Slange is 'n ekologiese uiters diverse groep wat baie uiteenlopende habitatte bewoon. Hulle word op elke kontinent, behalwe in Antarktika, aangetref en ook op meeste eilande. Omdat hulle koudbloedig is, kom dié spesies in warmer streke voor.
'n Aantal spesies is aangepas om in uiters droë omgewings soos woestyne te oorleef. Daar is egter ook slange wat ondergronds lewe, of selfs in riviere, damme en in die see.
As gevolg van hul vreemde leefwyse en gedrag en hul vermeende, maar dikwels oorskatte giftigheid, word slange dikwels as 'n simbool van die bose gesien.
In die Bybel, in die verhaal van Adam en Eva, duik die slang selfs as 'n verteenwoordiger van die duiwel op. (In die werklikheid is dit die duiwel self wat in die gedaante van 'n slang verskyn het.)
Foto vir illustrasie alleenlik. Foto: Unsplash
Dit is onregverdig om alle slange te veroordeel. Dit sal bewys word deur die stuk oor die plek in die voedselketting (skrywer se eie siening).
Deur wetenskaplike navorsing is daar tans meer bekendheid oor die leefwyse, die biologie en voortplanting van slange.
Alhoewel hulle as 'n sustersgroep van die akkedisse beskou was, is dit vandag bekend dat hulle in werklikheid van akkedisse afstam.
Bron: Slang (Wikipedia)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’