HESSEQUA NUUS - Die afsterwe van Arend Francis ( 55) op Saterdag 17 November laat 'n groot leemte in die vermaaklikheidslewe van die gemeenskap.
Arend, beter bekend as Tos, was as jong man 'n puik rugbyspeler verbonde aan Riversdal Blues, Riversdal-Dorp en Flying Swallow rugbyklubs.
As visserman het hy vis op Stilbaai gevang. Menige skool gebruik die groep, Music Slaves, om musiek te verskaf vir fondsinsamelings in die 1990's.
Die groep het ook by die Royal Hotel, gewoonlik Woensdagaande, musiek verskaf.
By die Anglikaanse Kerk was hy by die Church Lads Brigade, asook die St. Mary's buitestasie op Brakfontein betrokke as waarnemende kaptein en Moedersunie kerklid.
Arend was vroeër betrokke in die konstruksiebedryf. Sy vrou ontval hom in 2011 en hy word oorleef deur sy drie dogters en kleinkind.
Wyle Arend Francis. Foto: Keith Eksteen, korrespondent
Sy dogter, Sureta Francis, is bekend as rugbyskeidsregter in SWD-rugbykringe.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'