Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Loeiende sirenes deur ambulans- en brandweervoertuie wat deur Heidelberg beweeg en voor Huis Zenobia du Toit stilhou, het vir groot konsternasie vir die inwoners gesorg!
Dit was egter net ‘n oefening in geval van ‘n brand sodat die bejaarde inwoners presies weet wat om te doen – en natuurlik hul versorgers ook.
Die oefening is deur sr. Hanrico Mostert-Fourie gekoördineer en volgens hom is hy baie tevrede van hoe dit afgeloop het, aangesien dit ‘n eerste vir die tehuis was.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Heideberg, Hessequa nuus."