HESSEQUA NUUS - Twee nuwe permanente personeellede, waarvan een reeds 'n baie bekende gesig veral in Stilbaai is, het by Suid-Kaap Forum aangesluit.
Johan Victor het die afgelope jaar as vryskutskrywer vir die koerant geskryf, waartydens hy hom bewys het as bedrewe, standvastig en lojaal.
Ons het besluit dat ons hom beslis op 'n permanente basis wil hê en onder die aansoeke wat ons gekry het vir die joernalispos, was syne die beste. Johan sal dus vanaf 1 Desember voltyds in diens wees.
Intussen sal hy steeds as vryskut voortgaan.
Sade Rossouw is die nuwe gesig van ons koerant en het reeds op 1 September haar plek as ontvangsdame ingeneem.
Sy sal ook die geklassifiseerde advertensies (smalls, legals) hanteer. Sade (uitspraak Sady) het voorheen vir 'n klompie jare by SSK gewerk. Sy het in 2016 in Ravensmead in die Kaap gematrikuleer en na Riversdal teruggekeer.
Haar pa is onlangs oorlede en sy en haar ma bly saam.
Sade het dadelik by Suid-Kaap Kollege geregistreer waar sy 'n kursus in Management Assistent suksesvol voltooi het. Die kursus het 18 maande teorie en 18 maande prakties ingesluit.
Volgens Sade is sy 'n regte huishen en geniet sy die stilte na die stadslewe. Sy het 'n tweejarige dogtertjie en hulle grootste tydverdryf is om te stap.
Baie welkom Sade en Johan!
Sade Rossouw
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'