- Moet nie waardevolle items soos skootrekenaars, kameras, selfone of kontant sigbaar in u voertuig los nie.
- Maak seker dat alle vensters en deure van u voertuig gesluit is.
- Verwyder losmaakbare radio's en radio gesiggies.
- Moet nie u handsak sigbaar in die voertuig agterlaat nie.
- Vermy donker en bebosde gebiede.
- Moenie alleen loop in verlate plekke.
- Moenie groot bedrae geld of waardevolle items op u as persoon ronddra nie.
- Wees bekend met die area en persoon waar u beweeg/loop.
- Vermy vreemde persone en moenie huiwer om dit te rapporteer by u plaaslike polisiestasie nie.