SWELLENDAM NUUS - Streng maatreëls om toename in Covid-19 te verhoed:
Die aantal Covid-19-gevalle het vandag, 21 Junie na 139 positiewe gevalle gestyg – vanaf minder as 10 gevalle sewe dae gelede. Vyf bykomende sterftes is aangeteken. Die primêre brandpunte is as Suurbraak en Buffeljagsrivier geïdentifiseer, met Swellendam wat tans 34 positiewe gevalle het.
Die Swellendam gesamentlike-operasiesentrum rampbestuur beveel aan dat die volgende maatreëls onmiddellik toegepas word:
Alle funksies en kerkdienste/Bybelstudie/partytjies/gebruik van openbare fasiliteite vir interne byeenkomste word vir die volgende 14 dae verbied. Dit sluit nagwake, na-trane-byeenkomste en aktiwiteite ná verassings in.
Eksterne byeenkomste
Die volgende byeenkomste is vrygestel (met hoogstens 100 persone)
- 50 persone of minder mag vir nie langer as 2 ure ’n begrafnisdiens bywoon nie.
- Dienste binne beboude strukture is beperk tot 50% van die lokaal se kapasiteit tot ‘n maksimum van 50 persone. Indien dit enigsins moontlik is, moet dienste nie gehou word nie.
- Die bevestiging van ’n begrafnisdiens moet by Departement van Gemeenskapsdienste aangemeld word om seker te maak dat veelvuldige begrafnisse nie op dieselfde tyd en datum plaasvind nie.
- Buitemuurse aktiwiteite van nie meer nie as 100 persone word toegelaat mits die protokolle streng nagekom word. Versuim om die protokolle en bedryfsure na te kom, sal daartoe lei dat permitte teruggetrek word. Funksies moet sover moontlik uitgestel of gekanselleer word.
- Die volgende markte word met ’n maksimum van 100 persone toegelaat (insluitend handelaars en personeel op ’n gegewe tydstip:)
- Swellendam Under the Oaks-mark
- Swellendam Under the Palms-mark
- Opelugmarkte is goedgekeur maar word aangeraai om nie vir die volgende 14 dae in bedryf te wees nie.
Swellendam-karavaanpark en chalets
- Dit is die enigste provinsiaal geakkrediteerde isolasiefasiliteit in die Swellendam-omgewing. Toegang tot die fasiliteit is slegs in opdrag van die departement van gesondheid, naamlik dr Jacques du Toit of sy genomineerde.
- Persone of lede van die gemeenskap mag nie self vir toelating aanmeld nie.
Skole
Hoërskole en laerskole in Suurbraak en Buffeljagsrivier word aanmoedig om uiters versigtig te wees en om alle leerders deeglik te ondersoek. Alle leerders wat simptome toon moet onmiddellik by die departemente van Gesondheid en Onderwys aangemeld word en moet aangesê word om tuis te isoleer.
- Alle leerders van Buffeljagsrivier en Suurbraak wat Swellendam-skole bywoon word vereis om hulle vir ’n ondersoek aan te meld en aan te dui of hulle van ’n huishouding met positiewe Covid-19-gevalle is. Leerders van gesinne wat by Thornlands- en Buffeljagsrivier-pakhuise werk, word aangemoedig om die volgende sewe dae tuis te bly aangesien dié werkers as ’n hoë risiko beskou word, mits hulle kan demonstreer dat hulle kan isoleer en nie in kontak met geïnfekteerde persone is nie.
Openbare sanitasie
- Overberg-distriksmunisipaliteit sal die sanitasie van openbare ruimtes in die geaffekteerde gebiede hanteer.
- Sanitasie sal ook in verskeie ander openbare gebiede en punte van samekoms plaasvind.
Wetstoepassing, verkeersbestuur en polisie
- Beheerde toegang tot Suurbraak en Buffeljagsrivier sal gesamentlik by die ingangspunte deur die Swellendam-polisie, Wes-Kaapse provinsiale verkeersdienste en Swellendam-munisipaliteit se wetstoepassing- en verkeersdienste uitgevoer word.
Skenkings en ondersteuning
Community Action Partnership (CAP) sal in oorleg met Swellendam gesamentlike-operasiesentrum rampbestuur alle bydraes vir rampverligting koördineer om duplikasie te vermy en toegang tot die geaffekteerde gebiede te beperk. Lede van die publiek word aangeraai om skenkings aan CAP te maak – hulle sal die nodige ondersteuning koördineer en sorg dat deernis- en geselekteerde huishoudings die ondersteuning ontvang wat nodig is.
LET WEL: Die departement van gesondheid het nie vir hierdie week ’n toekenning entstowwe ontvang nie en daar sal dus geen inentings in die munisipale distrik plaasvind nie. Daar sal egter meer sifting en toetsing plaasvind, gegewe die skerp toename in positiewe Covid-19-gevalle.
Opdaterings oor die inenting van senior burgers sal later hierdie week volg.
Alle munisipale dienste sal soos gewoonlik in alle dorpe voortgaan.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'