Heelwat strate en eiendom was onder water en is sommige strate in Riversdal ook toegemaak vir verkeer. Suid-Kaap FORUM het navraag gerig by mnr. Johan Jacobs, munisipale bestuurder van Hessequa rakende Hessequa se noodplan in sulke gevalle.
"Tydens enige uitermatige reën word die Tegniese- en Rampbestuur personeel gebruik om alle moontlike hulp te verleen om munisipale dienste en bates te beskerm, om diensonderbrekings te voorkom, om skade aan privaat persele te beperk of te voorkom en om enige bedreiging van lewens te voorkom".
Jacobs noem dat daar egter steeds heelwat stormwater is wat die rioolstelsel binnedring en gevolglike oorlading van dié stelsel veroorsaak, weens huiseienaars wat hul dakwater en ander afloopwater direk in die riool waterstelsel konnekteer. "'n Beroep word gedoen op alle inwoners om hierdie gebruik te staak of te rapporteer aan die munisipaliteit sodat opgetree kan word teen sulke persone". Hy verduidelik verder dat Hessequa wetstoepassingbeamptes strate beveilig waar oorstromings voorkom en op etlike plekke is sandsakke gepak om stormwater te beheer.
Stormwater inlate is oopgemaak waar daar verstoppings was en 'n opname is gedoen van knelpunte sodat dit na die tyd aangespreek kan word. "Kospakkies, komberse en seile om strukture waar mense woon, dig te maak is uitgedeel deur die rampbestuurpersoneel. Daar is voortdurende kontak met die rampbestuurkantoor by Eden om enige situasies onder die provinsiale kantoor se aandag te bring".
c_581720956.jpg)
Die water het erg oor die strate in die omgewing van Laerskool Volschenk gestroom.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'