'n Groep leerders van Melkhoutfontein Primêre skool het hul deel vir die omgewing gedoen.
Die groep het saam met plaaslike werkers van CoastCare, onder leiding van Fiona Coetzee die kusgedeeltes tussen Preekstoel en Lappiesbaai, beide Blouvlagstrande skoongemaak.
Vullis is vooraf op die strande gestrooi omdat dit redelik skoon is en die kinders iets moes leer uit die inisiatief. Dit is ook juis op die strand gedoen, aangesien die dag se fokus op netheid op strande was.
Arrie Combrinck van Stilbaai se Stasie 31 NSRI het die kinders kortliks meer rondom waterveiligheid geleer en veral klem gelê op die gevare van die see, naamlik haaie, seestrome en veral gevaarlike skeurstrome, bloublasies, sonbrand en dat mens nooit alleen moet swem nie.
Statistieke
In 2013 het 7 532 vrywilligers in die Wes-Kaap deelgeneem aan die skoonmaak aksie en landswyd 488km van Suid-Afrika se kuslyn skoongemaak.
Altesaam 90 732 items is opgetel wat 14 800 swartsakke volgemaak het! Onderwater skoonmaak aksies was ook geloods en 154 duikers het 1 687kg se vullis uitgehaal.
Resultate van verlede jaar se aksie toon dat verpakking vullis steeds die voortou neem in besoedeling langs die land se kuslyn.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Vir 'n fotogalery, klik hier.

Suid-Kaap FORUM het ook deelgeneem aan die skoonmaak aksie. Hier is joernalis Louise Mouton druk besig om hand by sit.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequ nuus'