RIVERSDAL NUUS - Met die Covid-19-pandemie het dit duidelik geword dat drank 'n baie belangrike rol in die breë publiek se lewens speel.
Reeds teen 1893 was daar vyf gelisensieerde plekke in Riversdal wat drank kon verkoop en so het die straatname van destyds telkemale met verloop van tyd verander:
• Royal Hotel: Borcherdsstraat > Langstraat
• Peebles WJ: First Street Back > Kingstraat > Van Riebeeckstraat
• Daniel TW: Second Street Back > Queenstraat > D'Urbanstraat
• Steyn JG: Borcherdsstraat > Langstraat
• Hauptfleisch FJ: Church Street/ Kerkstraat
Laasgenoemde is die enigste straat wat dieselfde gebly het, want die eerste NG Kerk is in 1845 daar gebou. Dis in 1907 gesloop en die huidige NG Kerk is in 1909 ingehuldig.
Hierdie name is, net soos deur al die jare met die verwisseling (beide nasionaal en plaaslik), verander om sekere mense te vereer vir die rol wat hulle in die geskiedenis en samelewing, gespeel het.
Die dorp is in 1838 gestig, nadat die Godsdienst Gesticht 'n stuk grond van die plaas Doornkraal van die eienaar Marthinus Steyn gekoop het. Dit het die gebied weerskante van wat vandag as Langstraat bekend is tot by die Vetterivier, waaruit die water vir die erwe bekom is, gestrek, en verder langer/breër uitgebrei het.
Waar woonstelle nou langs die Royal Hotel staan, was 'n lang gebou wat deur Godsdienst Gesticht as hul eerste kerk gebruik is. Dit het afgebrand en beplanning vir die bou van 'n kerk is toe begin.
Die dorp is nie Riversdal genoem omdat hier 'n rivier is nie, maar na Harry Rivers vernoem (toe nog nie 'n Sir nie), wat die kommisaris oftewel magistraat op Swellendam, destyds die belangrikste dorp in die hele omgewing, was. Baie mense is verward wanneer hulle navorsing doen en sien dat byvoorbeeld hul oupagrootjie, eintlik van Riversdal, se naam onder Swellendam val. Dis die rede.
Daar is so baie interessanthede van Riversdal en die Hessequa-streek wat verstommend en uniek is. Leer jou dorp ken, waar dit ookal is.
* Inligting vanuit die Julius Gordon Africana Sentrum/Versfeld-Huis, verskaf deur die kurator, Louise du Plessis.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'