RIVERSDAL NUUS - 'n Stop-en-ry is tans in plek by Kweekkraal op die N2 tussen Riversdal en Heidelberg na 'n botsing tussen twee voertuie.
Volgens inligting deur Riversdal-polisie het 'n vragmotor in die pad gestaan na dit gebreek het. Die bestuurder van 'n Nissan Almera het die trok verbygegaan en toe met 'n aankomende voertuig gebots.
Niemand is ernstig beseer nie. Al die rolspelers is nog op die toneel en motoriste word gewaarsku om versigtig te bestuur.
Die stop-en-ry sal in plek bly tot die stukkende vragmotor en voertuie verwyder is.
Die Nissan Almera het in die bosse tot stilstand gekom.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'