Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Ten spyte van 'n uiters sterk wind het 'n plaaslike span die Stilbaai Classic-rolbaltoernooi gewen.
Die toernooi is vir die negende agtereenvolgende jaar by Stilbaai-rolbalklub vanaf Donderdag 18 tot Saterdag 20 Oktober aangebied. Selfs die sterk wind kon nie die heerlike spangees en goeie rolbal stuit nie.
24 Spanne van sover as Langebaan, Velddrif, Kaapstad, L'Agulhas, Bredasdorp, Hartenbos, George, Barrydale en Jeffreysbaai het vanjaar deelgeneem.
Die toernooi is deur die munisipale bestuurder, Johan Jacobs geopen.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'