STILBAAI NUUS - 'n Skildery van kokerbome ter waarde van R4 000 wat deur Louwina Kotzé geskilder is en sy aan Helpende Hand geskenk het om uit te loot, is deur Karlien Botha van Stilbaai gewen.
Die loting was om geld in te samel vir tuinbanke vir Huis Stilbaai. Sonja Margerison, bekende plaaslike kunstenaar het die trekking Maandag, 28 Februarie by Ons Winkel waargeneem.
Volgens Botha was sy saam met haar man en twee kinders by die haarkapper om hulle hare te sny toe sy die kaartjie gekoop het. Sy was stomgeslaan toe Hieda Goldberg, Helpende Hand se dorpsverteenwoordiger met die goeie nuus skakel. Volgens haar wen sy nie eens 'n koek op 'n basaar nie en nou het sy die skildery.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'