STILBAAI NUUS - In ‘n geïntegreerde operasie tussen Stilbaai-polisie, omliggende polisiestasies, Hessequa-wetstoepassers en die immigrasie afdeling van die departement van binnelandse sake op 24 Mei, is 25 ongedokumenteerde buitelanders in en om Stilbaai in hegtenis geneem.
Met hulle eerste hofverskyning in Stilbaai op 26 Mei is hulle sake tot 31 Mei uitgestel waar 22 van hulle skuldig bevind is, en gedeporteer is as gevolg van oortreding van die Immigrasiewet.
In dieselfde operasie is een persoon gearresteer vir handeldryf in dwelms en een persoon is gearresteer vir die besit van dwelms.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’