STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Passiespel word ná ‘n lang onderbreking weens die Covid-19-pandemie weer op 31 Maart, asook 1 en 2 April, in die plaaslike gemeenskapsaal opgevoer.
'n Verrykte teks en uitsonderlike musiek beloof om om weereens die grootsheid van die Paasgebeure kragtig oor te dra.
Alhoewel die voorbereiding en oefening reeds in gevorderde stadium is, is daar tog nog geleentheid om betrokke te raak as spelers.
Skakel gerus met Pauline Hollis (082 450 2621) of Marietjie Strydom (082 416 8171).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'