Gallery
STILBAAI NUUS - Twee van Stilbaai se karwasplekke het sleg onder die stormwind wat in die vroeë oggendure (Woensdag, 30 Junie) gewoed het, deurgeloop.
Albei plekke se daknette het afgewaai en van die strukture is gebreek.
Heelwat bome het ontwortel, takke het afgebreek en selfs ‘n kennisgewingbord is omgeruk.
In Reservoirstraat versper ‘n groot boom die hele pad. By een van die huise naby OK Foods is die skuifhek afgeruk.
Foto's: Stormwind tref Stilbaai
Die volle omvang van skade sal eers later vandag gesien kan word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'