STILBAAI NUUS - Die herbarium in die Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai verrig reusewerk om Hessequa se unieke plantegroei vir die nageslag te boekstaaf.
Op 'n Dinsdagoggend van nege tot twaalf sal jy tussen 10 tot 12 vrywilligers by die herbarium kry waar hulle besig is om plantspesies eie aan die Hessequa, maar soms ook "inkommers" te droog, te boekstaaf en te liasseer.
Hul liefde vir die natuur en die bewaring daarvan straal behoorlik uit en as hulle tussendeur koffiedrink word daar dik stukke oor hulle wedervaringe in die veld gesels.
Stilbaai-herbarium
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’