STILBAAI NUUS - Hoofweg-Wes het Saterdag 17 Desember aan die beskermingsdienste van Stilbaai behoort.
Die verkeersdienste, wetstoepassers, brandweer, NSRI, Werk vir Vuur, die plaaslike polisie, buurt- en plaaswaglede het met Hoofweg-Wes langs gery vanaf die sportgronde tot by Laerskool Bertie Barnard.
Die doel was om aan die inwoners en vakansiegangers te wys hulle gereed is vir die vakansieseisoen en dat hulle gerus kan slaap.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'