Update
HESSEQUA NUUS - Niemand kon voorsien hoe Covid-19 gemeenskappe gaan beïnvloed nie.
Die Hessequa-streek het dit ook nie vrygespring nie.
Baie inwoners wat hul inkomste uit visvang in die kusdorpe verdien, kleinboere wat van die hand na die mond geleef het, personeel en eienaars van klein besighede wat hul werk verloor het en besighede wat moes toemaak.
Skielik was daar weinig of geen inkomste nie.
"Ons het aan die begin en dwarsdeur die voortslepende pandemie kosinsamelings gedoen en uitgedeel. Mense het nie besef dat dit so lank sal duur en wat die omvang, veral finansieel gaan wees nie," sê Sandra Lots, voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS).
Volgens haar het mense bydraes gemaak terwyl hulle nie besef het hoe lank dit gaan aanhou nie en nou het ook hulle hulp nodig.
"Ons as 'n vrywillige gemeenskapsgedrewe organisasie wil uitreik en die gemeenskap help. Mense wat diere het en nie sterilisasie- en veeartskostes kan bekostig nie, kan by ons aansoek doen om dit wel teen 'n fooi te laat doen."
Die eerste sterilisasiekliniek vind op 17 Junie op Stilbaai plaas. Dit word deur deur dr Roos van Envirovet CVC behartig.
Aansoekers se aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.
Wat het jy nodig?
- Die aansoeker se bewys van woonadres (munisipale rekening of 'n huurder kan 'n rekening of polis wys);
- Indien getroud albei se identiteitsdoku-mente, asook albei se bewys van inkomste.
Kontak of vir Robyn (082 922 3619), Sandra (082 962 1831) of Shanine (071 326 1670).
Vorige artikel: CARS reik uit na diere-eienaars
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'