Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die staking van werknemers van Jireh Dairies wat op 17 Oktober begin het, het die afgelope week voortgeduur.
Die werkers eis ’n loonsverhoging en ’n voorsieningsfonds. Hulle ontvang die minimumloon van R20/h, maar eis nou R50/h.
Volgens die maatskappy, een van die grootste ondernemings en werkverskaffers in die streek, sê hy ly geweldige verliese weens die staking. “Die staking is baie negatief vir ons en dus ook vir die gemeenskap van Riversdal.”
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'