WITSAND NUUS - 'n Inwoner van dié kusdorp het navraag gedoen oor die voltooiing van die sleepshelling.
By navraag aan Hessequa-munisipaliteit het Susan Geldenhuys, woordvoerder, genoem dat 'n vertraging voorgekom het as gevolg van 'n hangende regsproses.
"Die munisipaliteit behartig die konstruksie intern en is die oorspronklike beton van die sleephelling reeds verwyder. Die voltooiing van die konstruksie word beïnvloed deur die spring-laaggety. Die konstruksie is 'n komplekse proses en moet die bekisting en plasingsproses korrek uitgevoer word."
Konstruksie is vir Woensdag 10 Oktober beplan met die volgende spring-laaggety.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'