RIVERSDAL NUUS - "Soos dit my eerste jaar in die Presidentstoel is, is daar ook 'n paar eerstes die jaar by ons skou.
Boerbokke word Vrydag vir die eerste keer by die skaap arena vertoon. Daar gaan ook heerlike 'boerbok-tjoppies' gebraai en verkoop word."
Vanjaar word Kaas en Wyn uitstallings waar jy nie net hoef te kyk nie maar ook kan proe, deurlopend by die Cot de Neckersaal aangebied.
DROOM besoek ons en bejaardes geniet vir die eerste keer 'n gratis ontbyt in die tent agter die Geldenhuys-lokaal.
Charney Dippenaar tree Vrydag 22 Februarie by die bees arena om 19:00 op.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'