HEIDELBERG NUUS - Die snoepwinkel by Kairos Senior Sekondêre skool is blykbaar deur ’n groep kinders leeggemaak.
Die egpaar wat die snoepwinkel by die skool bedryf, het die inbraak op Goeie Vrydag ontdek toe hulle opgemerk het dat die Wendyhuis van die plaaslike krieketklub se deur oop is.
Hulle het die polisie ontbied en by verdere ondersoek is vasgestel dat die snoepwinkel leeggestroop is.
Een van die kwaaddoeners het sy bynaam op die binnemuur van die snoepie geskryf.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Niks het in die yskas oorgebly nie.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'