HEIDELBERG NUUS - Skaars vyf weke nadat die dorp se bekende slangvanger, Jan Pieters dood is nadat hy deur 'n bruinkapel van 1,7 m gepik is, het nog een van dié spesies die bure van Helmstraat op hol gehad.
Dié keer was die slang nagenoeg 1,5 m lank en het laatmiddag oor die straat geseil, vermoedelik op soek na water in die snikkende hitte. Hy is deur 'n paar kinders opgemerk, wat gesien het dat hy by die Noudt-gesin se erf inseil.
Toe dit rugbaar word dat die slang hom gerieflik onder die voorstoep tuisgemaak het, het die bure op hom toegesak met alle soorte implemente tot hul beskikking.
Dit was Laurence Moolman, buurman van die Noudt-gesin wat die slang van kant gemaak het. "Ek waag dit nie om met adder se kind te speel nie. Hy moet dood voor hy my tref."
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'