STILBAAI NUUS - 'n Vrou van Stilbaai wat die slag van 'n motorongeluk in die vroeë oggendure van Sondag, 10 April gehoor het, het die polisie in kennis gestel en ook help soek na die wrak.
Dit is 'n oop vraag hoe lank die slagoffers sou moes wag vir hulp as die vrou, wat anoniem wil bly, nie die slag gehoor het nie.
Sy het die polisie omstreeks 02:15 gebel, en sy en die polisie moes eers soek na die voertuig, aangesien die wrak glad van die R305 nie sigbaar is nie.
'n Agtienjarige meisie is dood en twee mans is ernstig beseer in die ongeluk net buite Stilbaai naby die Olive Grovedam.
Die wit Ford Ranger het van die pad geloop en meer as 100 meter van die R305 op sy dak in 'n klofie beland.
Met die bystand van die nooddienste is die manlike bestuurder, 'n manlike passasier en die oorledene, Andeline September, uit die wrak bevry.
Stilbaai SAPD ondersoek 'n saak van strafbare manslag teen die 44-jarige manlike bestuurder wat nog nie geïdentifiseer mag word nie.
Hy en die oorlewende passasier is ernstig beseer en na die hospitaal geneem.
Vorige Artikel: Motorongeluk eis jong lewe op R305
Die wrak is glad nie sigbaar vanaf die pad nie.
Die ongeluk het naby die Olive Grovedam gebeur. Foto's: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus’