HESSEQUA NUUS - Julius Gordon Africana Sentrum-Versfeld-Huis nooi graag alle skoolgaande leerlinge vanaf gr.7 tot gr.12 om deel te neem aan hul tekenkompetisie.
Wenners kry almal kontant pryse, waarvan die eerste prys R500 is.
Reëls van die kompetisie:
- Die tekening moet op 'n A4-bladsy gedoen word.
- Slegs 'n HB potlood en 'n uitveër mag gebruik word.
- Tekening moet spesifiek van enige baie ou gebou wees.
- Geen liniale of enige voorwerp waarmee 'n lyn getrek kan word, mag gebruik word nie.
- Die werk moet dié van die kind self wees.
Inskrywings kan ingehandig word by Julius Gordon Africana Sentrum. Sluitingsdatum vir inhandiging is 15 September om 15:00. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Julius Gordon Africana Sentrum bedank graag alle besighede wat kontantpryse geborg het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’