Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die 151ste Riversdal-landbouskou het Woensdag 20 Februarie met ’n boerperd- en perdespingkompetisie afgeskop.
Die perde-aktiwiteite vind deurlopend plaas en bereik Saterdagmiddag ’n hoogtepunt wanneer die SA boer- en saalperdwenners in die finale uitdunne meeding.
'n Slaglamkompetisie is ook Woensdag gehou. Volgens Hennie Geldenhuys, voorsitter van die skou se skaapkomitee, word merinolammers beoordeel sodat boere kan sien of hulle op die regte pad is met teling. “Ons soek die ideale lam vir die huisvrou.”
Talle landbougerigte uitstallings vertoon nuwe trekkers en plaastoerusting.
’n Menigte stalletjies bied kos, drinkgoed en allerlei snuisterye te koop aan.
Die skou is die aand amptelik met ’n Groetmekaar-geselligheid geopen. "Die Riversdal-landbouskou is ’n uitsien-geleentheid," het Jurie Wessels, hoofspreker, gesê.
Hy het die plattelandse gasvryheid, geordenheid en professionele aanbieding, die gemeenskap se vermoë om saam te werk en kontinuïteit in die topbestuur geprys.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'