HESSEQUA NUUS - Inwoners van Hessequa is welkom om steeds met skenkings vir Becca's Soup Kitchen voort te gaan. Die winter lê nog voor en die nood is groot.
Skenkings kan afgelewer word by Suid-Kaap Forum se kantoor in Heidelbergweg 29 net langs die NG Kerk Riversdal Wes-gemeente. Weeksdae tussen 08:00 af tot 18:00.
Die redakteur, Hugo Redelinghuys, of Sade Rossouw sal dit persoonlik ontvang.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’