MELKHOUTFONTEIN NUUS - Dis weer tyd vir die jaarlikse handevatgeleentheid tussen gemeenskappe.
Die 'Tafel van vrede' sal op Donderdag 27 Februarie om 18:00 op die dorp plaasvind.
Alle inwoners van Stilbaai, Melk-houtfontein en Jongensfontein word genooi om saam vir 'n ete aan te sit.
Volgens Jenny Olivier van Ouma Lena se Huis word dié geleentheid vanjaar vir die sesde agtereenvolgende keer aangebied en hulle mik om ten minste 1 500 mense te verwelkom.
Die gaskunstenaars sal Zane Meas van 7de Laan-faam en die rapper HemelBesem wees.
Kaartjies is by die NG Kerkkantoor, Mamma Mia en Chas Everitt in Stilbaai en Ouma Lena se huis in Melkhoutfontein beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'