STILBAAI NUUS - Jagersbosch gemeenskapsorg hou weer hul jaarlikse basaar op Saterdag 7 Julie.
Die organiseerders het hande nodig vir daardie dag en vra of daar mense is wat enigsins kans sien om vir hulle van hulp te wees.
Sterk mans met bakkies word veral benodig om Vrydag 6 Julie te help met die aanry van al die benodigdhede, asook die regskuif van tafels en stoele.
As jy dalk daardie dag oop het, deel in bedrywighede. Dit beloof om groot pret te wees.
Kontak Tine-Mari Muir by harbourcottage@webmakers.co.za of skakel 082 376 7741.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'